Tuis

Welkom by R&R Wiskunde

Hier by R & R Wiskunde Konsultante het ons slegs een doel voor oë, en dit is om ‘n liefde vir Wiskunde te kweek. Ons sien onsself graag as ‘n verlengstuk van die skool en probeer om die onderwyser se hand te versterk. Ons wil dus graag baie nou saam met die skool werk. Daarom vergader ons op ‘n gereelde basis met rolspelers in die verband.

Ons stelsel werk kortliks soos volg: Ons bied ekstra wiskunde klasse in die namiddae aan. Die klasse duur een uur en een klas word per week aangebied. Klastye mag aangepas word tydens eksamens. Leerders word gehuisves in groepies van ses en ons volg dieselfde sillabus as die skool. ‘n Volledige program met aanvullende notas word met persoonlike aandag aan die kind oorgedra. Ons bied ook die opsie van klein groepe van maksimum drie leerders per groep. Dit bied die geleentheid van intensiewe aandag vir die leerders wat beter funksioneer met persoonlike bystand

Met ons hersieningsessies berei ons hom/haar dan ook voor vir elke eksamen. Ons ondervind dat ons onderrigsisteem die leerders positief beïnvloed en vir hulle die selfvertroue gee om wiskunde te geniet.

Die minimum tydperk is een kwartaal en indien die klasse gestaak word, moet een maand kennis gegee word. Ons kantore is in Springfonteinrylaan naby Hoërskool Stellenberg.

Inskrywingsvorm

Benodig julle ekstra Wiskunde klasse? Vul gerus die inskrywingsvorm in.

Kontak Ons

Gee ons gerus 'n luitjie indien julle enige vrae het of meer inligting benodig.

Padkaarte

Sien asseblief die aanwysings op die Padkaart bladsy om ons te vind.